Oorsig

Schoeman Maree Ingelyf is 'n prokureursfirma in Bloemfontein. Ons firma het in 1976 tot stand gekom en lewer sedertdien 'n wye spektrum regsdienste op 'n bekwame en professionele wyse.

Die firma se kantoor is gevestig in ons eie kantoorgebou en is sentraal geleë te Hydro Park, Kellnerstraat 100, Westdene, Bloemfontein.